Eskom waarsku dat beurtkrag dreig

Nadat beurtkrag laas op 13 Junie vanjaar toegepas is, het Eskom pas aangekondig dat Fase 2 noodgedwonge vanaf vanmiddag 4-uur toegepas sal moet word, weens ‘n skielike verlies aan opwekkingsvermoë.

Die opwekkingsvermoë het afgeneem weens foute by van die steenkoolkragstasies.

Die enorme vraag na krag in die koue weersomstandighede, speel ook ‘n rol.

Eskom het aan Netwerk 24 genoem, indien hy enige verdere foute by sy kragstasie ervaar, gaan hy genoodsaak wees om ook
strenger beurtkrag op kort kennisgewing toe te pas.

Die kragverskaffer pleit by die publiek om kragverbruik vanaand te beperk, ondanks die koue.

Luister na potgooie hieronder