Kgosientsho Ramokgopa, minister van elektrisiteit en energie, het gewaarsku dat Eskom terugslae by twee van sy groot kragstasies – Medupi en Koeberg ervaar het, en dat die kragvoorsiener nie beurtkrag sal uitsluit nie.

My Broadband berig Eskom het Vrydag gesê sy generasie operasionele herstelplan gaan voort om strukturele verbeterings en doeltreffendheid aan sy steenkoolvloot te lewer. Hierdie verbeterings het gehelp om beurtkrag vir meer as 200 dae opgeskort te hou.

Dit is die eerste keer in jare dat Eskom nie beurtkrag in die wintertydperk geïmplementeer het nie aangesien uitgebreide instandhouding gehelp het om onbeplande onderbrekings te verminder.

Eskom voeg by dat dit onwaarskynlik is dat beurtkrag gedurende die somer geimplementeer sal word, maar volgens die kragvoorsiener is beurkrag in Suid-Afrika nog nie verby is nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×