Eskom waarsku sy kliënte om nie die prooi te word van swendelary op sosiale media nie.

Luidens ‘n verklaring deur die kragverskaffer, hou sekere adverteerder op sosialemedia dit voor, dat verbruikers voorafbetaalde elektrisiteit teen goedkoop tariewe by hulle kan aankoop.

Botse Sikhwitshi, Eskom se waarnemende hoofbestuurder vir sekuriteit, sê die kuber-misdadigers verskaf nie bankbesonderhede vir deposito’s nie.

Hulle dring op kitsbankbetalings, aangesien hierdie soort transaksies moeilik is om na te spoor.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×