Die vleisprodusent Eskort se geliefde karakter, Frikkie, het die week lang trane gehuil toe hy sy Springbok-aandenkings in ‘n kartondoos moes pak. Die SA Rugby-unie was nie gelukkig met Eskort wat ‘n groot reklamebord, “Go Springbox, met ‘n x, love Eskort” opgerig het nie. Dit het ook gepaard gegaan met ‘n “Spring”-koeler boks wat bekend gestel is. Eskort is nie ‘n borg van die Springbokke nie en Saru is dadelik hof toe om ‘n interdik teen Eskort te kry om alle bemarking te verwyder wat verwys na die naam Springbok. Die hofsaak oor die skending van intellektuele eiendomsreg sal in ‘n later stadium aangehoor word. Saru vra die rugbypubliek om net die amptelike borge te ondersteun wat die Springbok-kenteken mag gebruik.