Estina beskuldiges word nou vasgetrek

 Estina beskuldiges word nou vasgetrek

Inhegtenisnemings sal teen die einde van September in verband met die Estina-suiwelplaasskema in die Vrystaat plaasvind.

Volgens Netwerk24 het adv. Hermione Cronje, hoof van die ondersoekdirektoraat van die vervolgingsgesag Dinsdag gesê sy plaas haar kop op ‘n blok as daar nie voor einde vandeesmaand optrede in verband met Estina plaasvind nie.

Honderde miljoene rande van belastingbetalers se geld is destyds aan die Gupta-beheerde maatskappy betaal vir die suiwelprojek in Vrede.

Die geld is daarna gewas en gebruik vir die Gupta-troue in 2013.

Die Estina saak is al voorheen op die hofrol geplaas, maar is in 2018 deur die NVG verwyder weens ‘n gebrek aan bewyse.

LeandreAdmin@