Hoewel stemgeregtigdes in Eswatini vandag ‘n kruisie in die land se parlementêre verkiesing kan gaan trek, sal die uitslag van dié sogenaamde demokratiese verkiesing nie veel beteken nie.

Volgens Reuters is Eswatini die enigste Afrika-land wat nog deur ‘n monargie beheer word.

Politieke partye word hier verbied, maar onafhanklike kandidate kan hulself elke vyf jaar vir setels in die Volksraad beskikbaar stel.

Diegene wat wel ‘n setel verkry, het egter min, of géén, invloed op die politieke landskap nie.

Hulle mag voorstelle aan die koning maak, maar dit staan die koning vry om hulle te ignoreer.

Koning Mswati die derde heers sedert 1986 oor die Swazi-koninkryk.

Hy is sy pa, wyle koning Sobhuza die tweede, se troonopvolger.

Woede teenoor die monargie bou al jare lank op, met pro-demokrasie betogings wat in 2021 uiters gewelddadig geword het.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×