Die DA het ‘n klag teen minister Blade Nzimande van hoër onderwys, by die Gesamentlike Komitee oor Etiek en Ledebelange, ingedien.

Die party het ’n ondersoek aangevra na bewerings dat die minister glo terugbetalings vanaf ’n diensverskaffer van die Nasionale Studentehulpskema ontvang het.

Volgens die party behoort die minister die geleentheid te verwelkom om sy naam in ere te herstel, indien hy onskuldig is.

Chantel King van die DA vra dat Nzimande onmiddellik afgedank word indien hy skuldig bevind sou word.

King sê Nzimande het sy mandaat om die land se studente te dien, versaak.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×