Die Veelpartyhandves doen iets nuuts en wil ‘n nuwe politieke rigting inslaan wat weg beweeg van politieke etikette soos links, regs, liberaal, konserwatief en sosialisme. Dit is die verlede, het John Steenhuisen, leier van die DA gister tydens die Veelpartyhandves se ontmoeting met verskeie burgelikes organisasies gesê. Ou ideologiese konsepte sal nie die koalisie help  om ‘n einde te maak aan korrupsie, honger, om werkloosheid en misdaad te beveg en ‘n einde aan beurtkrag te maak nie. Michael Beaumont, nasionale voorsitter van Action SA, het aan Netwerk 24 gesê mens kan nie net met mense saamwerk wat met jou saamstem nie. Velenkosini Hlabisa, leier van die IVP het dit eenheid in diversiteit genoem. Burgerlike organisasies wat gister vrae aan die agt partye gevra het, was Action Society, Afriforum, die Brenthurst-stigting, die Instituut vir Rasseverhoudinge, die FW De Klerk-stigting, Solidariteit en Defend our Democracy.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×