Die Europese Unie eis dat die gewilde winkelplatforms Shein en Temu verduidelik watter stappe hulle neem om verbruikers, insluitend kinders, te beskerm.

France24 berig die EU wil weet hoe Shein en Temu voldoen aan reëls rakende aanlyn-praktyke om sogenaamde “donker patrone” te vermy.

Dit is die praktyk om gebruikers te mislei om ongewenste aankope te doen, of om sonder hul medewete in te teken op sekere instellings. Die kommissie het bygevoeg dat dit meer inligting wil hê oor hoe hulle die deursigtigheid van hul aanbevelingstelsel om inhoud te stoot – met ander woorde hul algoritmes  – waarborg, en die gemak waarmee verkopers opgespoor kan word.

Volgens AFP is die navraag gedoen onder die EU se deurbraakwet bekend as die Digital Services Act. Dit wil platforms dwing om meer te doen om die verkoop van onwettige en skadelike goedere aan te pak.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×