Ministers van die Europese Unie, of EU, het Donderdag gesê lidlande moet migrante en asielsoekers beter monitor en diegene wat as ‘n veiligheidsrisiko beskou word, vinniger deporteer. Die ministers van binnelandse sake en justisie het die aangeleentheid in Luxemborg bespreek na voorvalle in Brussels en Frankryk nadat die konflik tussen Israel en die Palestynse militante organisasie Hamas uitgebreek het. Die het tot verskeie voovalle van bloedige konflik en betogings in Europese lande gelei. Ylva Johansson, die EU kommissaris van immigrasie, het aan Reuters gesê dit is belangrik dat individue wat ‘n veilgheidsbedreiging vir hulle lande inhou, onmiddellik teruggestuur word. Die hersiening van die EU se migrasiebeleid sal na verwagting nog vanjaar afgehandel word. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×