Rudi Gericke, wie aangekla word van die moord op die 28-jarige Evan Sorour van Ficksburg, ontken skuld op al drie aanklagte teen hom. Gericke het vandag in die rondgaande hof op Ficksburg verskyn op aanklagte van moord, aanranding met die doel om ernstig te beseer, en poging tot moord.

Wyle Evan, en sy pa Reuter, is na bewering deur Gericke aangeval, toe hulle in Januarie verlede jaar, beeste op die buurplaas wou gaan aankeer. In die klagstaat word gemeld dat Gericke die 57-jarige Reuter ernstig aangerand en probeer vermoor het.

Die 39-jarige Gericke is in die maag getref in ’n beweerde oor-en-weer-skietery op die misdaadtoneel. Die saak duur voort.

error: Inhoud is beskerm !!