Ezulweni Investments het gesê die maatskappy is besig met skikkingsonderhandelinge met die ANC. Dit kom nadat die maatskappy gedreig het om beslag te lê op die ANC se bates van meer as 100-miljoen rand vir werk wat tydens die 2019-verkiesing gedoen is en nie betaal is nie. Verskeie howe het beslis die ANC moet die maatskappy betaal, maar die party het die saak na die Konstitusionele Hof geneem. Ezulweni het gesê hulle hoop die samesprekings sal help om die saak op te los.