Terwyl Suid-Afrikaanse grondeienaars hulself staaf vir ‘n vurige brandseisoen, kibbel amptenare oor uitstaande fakture.

AgriOrbit berig derduisende mense is glo verlede maand deur Working-on-Fire-Kishungu (WoF) afgelê en kritiese kontrakte is gekanselleer.

Dit glo omdat die staat weier om die nodige fondse oor te dra.

Die staat het op hul beurt skuld ontken en beweer dat alle bedrae, waar die korrekte administratiewe prosesse gevolg is, wel uitbetaal is.

In ‘n brief gerig aan die Departement van Bosbou, Vissery en Omgewingsake (DBVO) na ‘n vergadering met sambreelbeskermingsverenigings in die Vrystaat, Noordwes en Wes-kaap sê WoF dat hulle finansieël in die knyp is.

Volgens die DBVO se hoofdirekteur van kommunikasie, Peter Mbelengwa, kan die departement nie bedrae verwerk wat nie gefaktureer is nie en/of waar die betrokke bewyse nie aan al die vereistes van die memorandum van verstandhouding voldoen nie

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×