Familie en vriende van wyle voormalige minister van Finansies en Openbare Ondernemings, Pravin Gordhan, het vir strenger dissiplinêre stappe teen twee SAUK-joernaliste gevra.
Die joernaliste is gehoor negatiewe kommentaar oor Gordhan maak tydens ‘n regstreekse uitsending van sy begrafnis ‘n week gelede in Durban.
Die twee verslaggewers, wat nie besef het dat hul mikrofone nog aan is nie, het Gordhan se bevrydingstrydreputasie en die vlak van respek wat hy ontvang het, bevraagteken.
Die openbare uitsaaier het om verskoning gevra vir die joernaliste se optrede.
Dit bly egter onduidelik of die SAUK ‘n dissiplinêre proses teen die twee joernaliste gaan begin.