Die 42-jarige Rudi Gericke se aansoek om ontslag het in die rondgaande hof in Ficksburg misluk. Gericke word daarvan aangekla dat hy die 28-jarige Evan Sorour, ‘n jong boer van die omgewing op 8 Januarie verlede jaar op ‘n plaas doodgeskiet het en sy pa, die 58-jarige Reuter aangerand en probeer vermoor het. Sorour se familie het gister gesê hulle is dankbaar dat die aansoek misluk het.

Gericke se regspan het Vrydag ‘n aansoek om ontslag ingedien en gevra dat die drie klagtes teen Gericke laat vaar word. Waarnemende regter Suzanne Boonzaaier het die aansoek van die hand gewys en in haar uitspraak gesê dit sal onvanpas wees om die beskuldigde in hierdie stadium van die verhoor op sekere aanklagte vry te spreek. Die verdediging begin vandag met sy saak en sal na verwagting vir Gericke roep om te getuig.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×