Mense in Israel, wie geliefdes het wat steeds deur Hamas gyselaar gehou word, het vroeër vandag die parlementsgebou in Jerusalem bestorm.
Luidens Reuters-beriggewing eis die betogers dat die Israeliese regering meer moet doen om hulle geliefdes te bevry.
Een vrou het foto’s van drie familielede aan die komitee wat in sitting was, gewys. Haar drie geliefdes is onder die 253 mense wat ten tyde van sy 7 Oktober-aanval op Israel, deur Hamas gyselaar geneem is.
Terwyl Hamas sekere gyselaars in November vrygelaat het, bly ongeveer 130 nog in aanhouding.