Familielede wie se geliefdes op Oukersdag dood is toe ‘n gastenkwa in Boksburg ontplof het, oorweeg nou om as ‘n groep regstappe teen die skuldige party of partye te neem.
Hierdie voorgenome regsgeding het ten doel om vergoeding te eis.
37 mense is dood toe die gastenkwa in Hospitaalrylaan onder ‘n duikweg vasgesit, aan die brand geslaan en later ontplof het.
Netwerk24 berig die prokureur, Zain Lundell, wat die naasbestaandes verteenwoordig, het gesê meer as een party is moontlik vir die dood van die slagoffers verantwoordelik.
Volgens Lundell stel hulle nou nadere ondersoek in, alvorens enige besluite oor moontlike regstappe geneem sal word.
Baie van die slagoffers was broodwinners vir die naasbestaandes se huishoudings.