Die families van Frik Potgieter en Peter Huxham betoog Dinsdag vreedsaam buite die Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum in ’n poging om die twee mans uit ’n tronk in Ekwatoriaal-Guinee te kry.

Maroela Media berig die families poog om regeringsamptenare van Ekwatoriaal-Guinee (EG), wat ‘n konferensie in Kaapstad by woon, te oortuig om Potgieter en Huxham te bevry, nadat hulle reeds 21 maande aangehou word vir beweerde dwelmhandel.

Terwyl die aanklagte nie steek hou nie, glo die families dat die eintlike onrus veroorsaak is deur die beslaglegging van Suid-Afrikaanse owerhede op ’n superseiljag en luukse eiendomme wat aan EG se adjunkminister behoort.

Intussen het die Verenigde Nasies en die SA parlement die onmiddellike vrylating geëis weens die onwettige aanhouding.

Met die voortgesette aanhouding is die families bekommerd oor die mans se fisiese en geestelike gesondheid.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×