Sowat ‘n honderd verteenwoordigers van Israeliese gyselaars en oorlewendes van die Hamas-aanvalle op 7 Oktober verlede jaar, het vandag na Den Haag gevlieg om ‘n klag van misdade teen die mensdom teen dié terreur-organisasie by die Internasionale Strafhof, of IS, aanhangig te maak.

France 24 berig Haim Rubinstein van die Gyselaars en Vermiste Families-forum sê hulle is families van die gyselaars wat steeds erge trauma ervaar. Rubinstein het op op die Ben Gurion-lughawe in Tel Aviv gesê die forum wil die klagte indien teen Hamas-leiers en hul lede om te verseker dat Hamas die swaarste moontlike prys betaal vir misdade teen die mensdom en steeds daarmee voortgaan. Israel is nie ‘n lid van die IS nie maar ‘n aanklaer, Karim Kahn, het gesê die hof het jurisdiksie oor enige potensiële oorlogsmisdade deur Hamas in Israel asook deur Israeli’s in Gaza.  

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×