Eskom ervaar tans vertragings alhoewel sommige kragopwekkingseenhede sedert Sondag aangeskakel is. Weens die vertragings om die eenhede weer in diens te stel en die behoefte om noodreserwes aan te vul, sal Fase 2-beurtkrag vanoggend van 5 uur tot 4-uur vanmiddag ingestel word, het Eskom gesê. Fase 3-beurtkrag sal daarna van 4-uur tot Donderdag om 5-uur geld. Die patroon van fase 2-beurtkrag in die oggend en fase 3-beurtkrag in die aand sal daagliks herhaal word tot verdere kennisgewing.