Fase 2-beurtkrag gaan die hele week saans tussen vyf-uur en tien-uur van krag wees. Eskom het Sondag verder gewaarsku die moontlikheid bestaan dat beurtkrag selfs buite hierdie ure ingestel kan word, maar het gesê dat hy sy beste sal doen om beurtkrag tot aandspitsye te beperk. Teen Sondagaand was daar net meer as 3 000 megawatt opwekkingsvermoë afgeskakel vir beplande instandhouding, en bykans 15 000 megawatt was as gevolg van foute buite werking. Eskom kon wel Sondag na laer beurtkrag-fases afskaal aangesien kragopwekkingseenhede by die Arnot-, Hendrina- en Tutuka-kragstasies herstel is.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×