Fase 2-beurtkrag sal geïmplementeer word tot 11-uur Sondagaand

 Fase 2-beurtkrag sal geïmplementeer word tot 11-uur Sondagaand

Fase 2-beurtkrag sal geïmplementeer word tot Sondagaand om elf-uur.
Die beurtkrag is nodig weens verlies aan opwekkingskapasiteit asook om die gebruik van die noodreserwes weer op te bou.
Die sisteem bly kwesbaar en onvoorspelbaar en sou enige verdere onderbrekings plaasvind, kan die fase van beurtkrag op kort kennisgewing verander.
Twee eenhede by die Kusile-kragstasie is buite bedryf weens die mislukking van vervoerbande wat steenkool aan die eenhede verskaf.
Daarbenewens het ‘n eenheid elk by die Kriel- en Duvha-stasies onklaar geraak.
Bloemfonteiners in Groep 6 kan huidiglik beurtkrag ervaar tot 10-uur vanoggend gevolg deur groep 1 tussen 10-uur en 12-uur vanoggend.

LeandreAdmin@