Eskom het aangekondig dat fase 3-beurtkrag vanaf vieruur vanmiddag geïmplementeer sal word. Die kragvoorsiener het gisteraand beurtkrag opgeskort weens laer as verwagte aanvraag. Fase 3 sal dan tot vyfuur môreoggend van krag wees. Intussen het Eskom se eie stelseloperateur in sy weeklikse verslag oor die status van die netwerk getoon dat die vooruitsigte vir volgende jaar aansienlik verswak het. Dit volg na tien dae van intense beurtkrag.Suid-Afrikaners sal maar moet wag en  sien hoe die beurtkrag-skedule vir die volgende week gaan lyk.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×