Eskom is laat gistermiddag genoodsaak om fase 3-beurtkrag te implementeer.
Dít weens ‘n groot terugslag, wat opwekkingsverliese by vier van sy eenhede behels.
Eskom-woordvoerder, Daphne Mokwena, sê die kragverskaffer hou die situasie dop.
Volgens Mokwena dra beplande instandhoudingswerk ook tans tot ‘n vermindering in Eskom leweringsvermoë by.