Pleks van die beloofde verslapping van beurtkrag, sal Eskom Vrydag met ‘n nuwe skedule van fase 3 en 4 beurtkrag vir die naweek begin. Luidens ‘n verklaring van Eskom het terugslae daartoe gelei dat meer beurtkrag nodig is. Dit sluit die noodafskakeling in van ses opwekkingseenhede by verskeie steenkool-kragstasies vir dringende herstelwerk en vertragings in die herstelwerk aan drie ander opwekkingseenhede. Van vier uur vanmiddag tot middernag sal fase drie geld. Van middernag tot vieruur moremiddag sal fase drie wees. Van vieruur moremiddag tot middernag sal fase vier geld. Sondag om middernag tot vyfuur die oggend sal fase vier intree en daarna tot vieruur Sondagmiddag fase drie. Eskom sal Sondag ’n aankondiging maak oor volgende week se skedule.
