Fase 5-beurtkrag is vanoggend onbepaald ingestel. Eskom het gesê dit is weens ʼn effense verbetering in opwekkingskapasiteit en ʼn laer vraag na elektrisiteit. Volgens die kragvoorsiener sal hy weer ʼn aankondiging maak sodra enige beduidende veranderinge plaasvind. Fase 6-beurtkrag is vroeër die week weer ingestel ná vertragings om onklaar eenhede by kragstasies in werking te stel. Eskom het ook gesê daar is ʼn moontlikheid van hoër beurtkragfases aangesien die daaglikse kragverbruik tydens spitstye, veral saans, hoër is as sy beplanning. Eskom het gesê die koue weer is die rede waarom die kragverbruik skielik toegeneem het.

error: Inhoud is beskerm !!