Fase 5-beurtkrag sal nou onbepaald geld.
Eskom het vanoggend aangekondig dat nog van sy kragopwekkingseenhede onklaar geraak het, en dat dit daarom onmoontlik is vir die kragverskaffer om sy beplande fase 3-beurtkrag toe te pas.
Eskom se tussentydse woordvoerder, Daphne Mokwena, versoek almal om elektrisiteit spaarsamig te gebruik.