Fase-6 beurtkrag word weer van vanaand agtuur tot Woensdagoggend om vyfuur toegepas. Fase-4 sal Woensdagoggend van vyfuur tot agtuur in die aand geld en dan weer fase ses van Woensdag om agtuur saans tot Donderdagoggend om vyfuur. Die patroon sal na verwagting tot Saterdag voortduur. Eskom het gesê dit is nodig omdat hy sy noodreserwes moet aanvul en omdat onbeplande foute met 401 MW toegeneem het. Daarby is nog 555 MW vir beplande instandhouding afgeskakel.