Fase 6-beurtkrag gaan van vandag af vir die hele naweek voortduur, het Eskom Donderdagmiddag gesê. Die nutsmaatskappy het gesê dis nodig om noodreserwes aan te vul, ook in die hoop dat beurtkrag volgende week op laer fases ingestel sal kan word. Netwerk 24 berig dit beteken dat fase 6-beurtkrag nou ononderbroke tot verdere kennisgewing sal geld nadat dit gistermiddag om vier-uur begin het. Hoewel Eskom ‘n buffer van noodreserwes het, het heelwat opwekkingseenhede sedert Sondag onklaar geraak, wat die buffer opgebruik het. Eskom het ‘n beroep op verbruikers gedoen om hul geisers en swembadpompe van vyf-uur in die middae tot saans nege-uur af te skakel.
