Fase ses beurtkrag is weer vanoggend vanaf vyfuur ingestel tot verdere kennisgewing. Dit is as gevolg van die beplande instandhouding en die verlies van nog twee kragopwekkingseenhede.Volgens Eskom moes twee eenhede by die Lethabo-en Matla-kragstasie ook oornag vir dringende herstelwerk afgeskakel word wat bykomende druk op die kragnetwerk plaas. Die hoë fase sal tot verdere kennisgewing ingestel word. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×