Dit sal die tweede keer wees dat Eskom dreig om fase-sewe beurtkrag in werking te stel en ook die eerste keer in maande omdat kragverbruik te hoog is. Eskom het in ‘n verklaring gesê die nutsmaatskappy het verwag dat kragverbruik Dinsdagaand laer sou wees as wat verwag is. Die maatskappy vra dat die publiek Woensdag hul kragverbruik drasties moet inkort. Die geskatte vraag na krag tydens spitsure Woensdagaand sal na verwagting ‘n hoogtepunt van 29 609 MW bereik. Dinsdagaand was die vraag na krag 33 423 MW. Die land ervaar tans deurlopende fase-ses beurtkrag wat onbepaald sal voortduur.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×