Fase drie toetse wat gedoen is op Rusland se Sputnik V entstof toon dat dit 91,6% suksesvol is

Fase drie toetse wat gedoen is op Rusland se Sputnik V entstof toon dat dit 91,6% suksesvol is om te verhoed dat mense Covid-19 ontwikkel.

Die toetsuitslae is in die internasionale mediese joernaal, The Lancet, gepubliseer.

Wetenskaplikes sê dit beteken dat die wêreld nog ‘n doeltreffende wapen in die stryd teen die
coronaviruspandemie het.

Internasionale wetenskaplikes sê die toetsuitslae gee tot ‘n mate regverdiging vir Moskou se besluit om die entstof toe te dien, voordat die finale toetsuitslae bekend was.

Luister na potgooie hieronder