“Fase drie van die herontwikkeling van Distrik Ses in Kaapstad is 99% klaar”

 “Fase drie van die herontwikkeling van Distrik Ses in Kaapstad is 99% klaar”

Foto: EWN

Die Departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling sê fase drie van die herontwikkeling van Distrik Ses in Kaapstad is 99% klaar.

Die departement bou 108 wooneenhede wat oorhandig sal word aan die eisers wanneer alles voltooi is.

‘n Woordvoerder van die departement, Vuyani Nkasayi, sê hulle sou lankal klaar gewees het met fase drie as dit nie was vir die coronaviruspandemie nie.

Nkasayi sê die departement is daartoe verbind om die mense van die Ses terug te neem na die grond van hulle voorvaders.

Hy het hulle aangemoedig om op hoogte te bly van gebeure deur die nuus te volg en sê daar sal ook met hulle gekommunikeer
word.

LeandreAdmin@