Eskom se plan om die land vir die res van die week op fase drie en vier beurtkrag te hou, is Maandagmiddag kortgeknip weens die uitklink van verskeie opwekkingseenhede. Die land het sedert vier uur vanmiddag opgradeer na fase ses beurkrag, pleks van na fase vier. Tot dan bly die land op fase drie. Fase drie sal Woensdag deur die dag geld en fase vier Woensdagaand. Sewe opwekkingseenhede het die afgelope 24-uur onklaar geraak. Dit bring die onbeskikbare opwekkingsvermoë op 22 997 megawatt te staan.
INTUSSEN het die nutsmaatskappy vandag aan Netwerk 24 bevestig dat ‘n kortlys van vyf name van kandidate saamgestel is vir die pos van permanente uitvoerende groephoof. Eskom wou geen verdere inligting bekendmaak nie. Die kandidaat wat aangestel gaan word, sal die warm stoel van André de Ruyter moet volsit.