Fase vier-beurtkrag word vandag voortgesit

 Fase vier-beurtkrag word vandag voortgesit

Eskom het bevestig dat fase vier-beurtkrag weer van agt-uur vanoggend tot tien-uur vanaand sal voortduur.

Die kragvoorsiener het gisteroggend fase twee ingestel en kragonderbrekings ‘n paar uur later na fase vier verhoog.

Eskom skryf dit toe aan voortgesette erge beperkings op opwekkings-vermoë weens veelvuldige onklaarrakings en bykomende vraag weens die koue weer.

Hy het verbruikers gevra om kragverbruik te help verlaag sodat die druk op die stelsel verlig kan word.

Fase 4 sal die frekwensie van fase 2 verdubbel, wat beteken dat gebruikers geskeduleer sal wees vir beurtkrag 12 keer oor ‘n periode van vier dae vir twee uur op ‘n slag.

Bloemfonteiners in Groep 5 sal weer beurtkrag ervaar vanaand 8 tot 10, Groep 6 eervaar tans beurtkrag tot 12:00.

Groep 1 is skeduleer vir 12:00 wat sal duur tot 14:00.

LeandreAdmin@