Die Fichardtpark Buurtwag-assosiasie se vinnige reaksie het gelei tot die inhegtenisneming van ’n vermeende inbreker.

’n Verdagte wat deur erwe in Castelynrylaan, Fichardtpark, gehardloop het, is gerapporteer.

Hy is in Van Iddekinglaan aangekeer nadat hy vermoedelik probeer het om ’n hekmotor in Pelserstraat te steel.

Die polisie het hom in hegtenis geneem vir die beweerde besit van inbreekgereedskap.

Die Fichardtpark Buurtwag-assosiasie skryf hul sekuriteitspan se sukses toe aan die FICH-Net-radionetwerk.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×