Die saak teen Rudi Gericke, wat van die moord op sy buurman Evan Sorour in Ficksburg beskuldig word, is na die Bloemfonteinse hooggeregshof oorgeplaas. Luidens ‘n woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag in die Vrystaat, Phaladi Shuping, vind ’n voorverhoorkonferensie vandag in dié hof plaas. Maroela Media berig Gericke is vroeg vanjaar strafregtelik aangekla nadat Sorour in Januarie op ’n plaas in die omgewing van Ficksburg geskiet is en op pad hospitaal toe aan sy beserings beswyk het. Sorour se pa, Reuter, is glo ook erg deur Gericke aangerand. Volgens Gericke se weergawe van gebeure het Sorour vir Gericke op 8 Januarie eerste geskiet voordat hy uit noodweer teruggeskiet het. Gericke is tydens die voorval in die heup gewond en het langer as ’n maand ná die skietvoorval in die hospitaal aangesterk voordat hy eindelik in hegtenis geneem is.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×