FIETSRY – Nadat van die wêreld se beste bergfietsryers ook Woensdagaand die speke in die stowwerige strate van Kaymandi in Stellenbosch laat sing het by Songo Kampioene-wedren sal hulle ook oorgehaal wees vir die legendariese Cape Epic fietsren.

Onder die elite dames sal die Songo wenner Anne Terpstra , Nicole Koller , Vera Looser , Alexis Skarda en Sarah Hill ook vir mekaar bietjie oog wys terwyl die Kapenaar en wenner in die mansafdeling van diè ren sowel as 2 Epic’s  Matt Beers saam met Jaroslav Kulhavy , Konny Looser , Johan van Zyl en die Namibiër Alex Miller die harde trapwerk in  die bergagtige kronkelpaadjies gaan doen.

Die voorren  begin en eindig Sondag by die Lourensford Wynlandgoed met ’n tydtoets oor 26km en ’n klim van 700m.

Die 1ste skof trek Maandag weg by Saronsberg buite Tulbagh en strek oor 88km waar dit ook weer in hierdiè skilderagtige dorpie eindig.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×