FIETSRY – Die Suid-Afrikaanse fietsryer Candice Lill het ook die afgelope naweek die grootste prestasie van haar loopbaan behaal toe sy die silwer medalje losgetrap het by die die bergfietswedren wat in Glentress Forest in Skotland aangebied was.
Die 31-jarige Lill het die marathon wedren oor 95,6 km in onder 5 ure en 9 minute voltooi terwyl die Oostenryker Mona Mitterwallner en Adelheid Morath van Duitsland onderskeidelik 1ste en 3de was.
Lill het die afgelope twee jaar goeie vertonings gelewer en spog reeds met die bronsmedalje by die 2022 Statebondspele terwyl sy ook vanjaar 2de geëindig het in die Cape Epic en in Junie as die Afrika-kampioen in veldwedrenne gekroon is.