Die  Britse fietsryer Chris Froom se seisoen is in gedrang na hy Sondag sy sleutelbeen gebreek het gedurende die laaste skof van die UAE Tour-ren.

Luidens ‘n verklaring van Froome se Israel-Premier Tech-span het skanderings ‘n fraktuur in sy regter sleutelbeen bevestig en sal deur ‘n ortopediese chirurg ondersoek word om vas te stel of ‘n operasie sal nodig wees.

Die 39-jarige Froome is waarskynlik besig met sy laaste seisoen en spog met vier Tour de France– , twee Vuelta a Espana- en een Giro d’Italia-titel-oorwinnings.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×