Deelnemers aan die Volta ao Algarve in Portugal het uitgevaar teen die organiseerders nadat hulle ’n verkeerde afdraai 800m voor die eindstreep van Woensdag se eerste skof geneem het.
Die meeste ryers in die peleton het regs – wat vir spanvoertuie en beamptes bedoel was – in plaas van links by ’n verkeersirkel gedraai.
Slegs ongeveer 30 ryers, wat die skofwenner Italianer Filippo Ganna van span Ineos Grenadiers insluit, het links gedraai maar sy vreugde was van korte duur aangesien daar besluit was om diè skof te kanselleer.
Die wedren-direkteur Sergio Sousa het voet by stuk gehou dat al die tegniese inligting duidelik aangedui het dat die ryers links moes gaan by die laaste verkeersirkel maar erken dat hulle nie genoeg gedoen het om diè voorval te verhoed het nie.
*Donderdag se skof strek oor 177.6 km tussen Lagoa en Alto da Foia.