FIETSRY – Die Namibiese bergfietsryer Drikus Coetzee het als in die stryd gewerp om 1ste oor die eindstreep in die uitmergelende Atlas Mountain Race te ry maar met 58km oor moes hy die handdoek ingooi weens hitte-uitputting.
Coetzee was een van 228 bergfietsryers wat die 3 dae resies oor 1300 km aangepak met 3 kontrolepunte in Marrakesj in Marokko. Daar is ook geen skofte nie en die jaers trap deur die dag en nag en slaap langs die pad.
Justina Leveika van Litaue was die uiteindelike wenner in net meer as 3 dae.
*Coetzee was in Desember verlede jaar ook in die Munga-uithouren tussen Bloemfontein en Wellington in aksie waar hy 1ste oor die eindstreep gery het in net meer as 47 uur.