FIETSRY – Die Nederlander Dylan Groenewegen het ’n uithalervertoning gelewer toe hy die 6de skof van die Tour de France  tussen Mȃcon  en Dijon  gewen het. Groenewegen wat vir span Jayco-Alula jaag se wentyd was 3:31:55.

België se Jasper Philipsen was 2de terwyl Biniam Girmay van Eritrea baie naby was om sy 2de skofsege te behaal het . Hy het Maandag sy 1ste skof gewen en dra nog steeds die groen trui waar hy reeds op ’n totaal van 149 punte is.

Tadej Pogacar is nog in die geeltrui terwyl die Suid-Afrikaners Ryan Gibbons en Louis Meintjies onderskeidelik 30ste en 57ste geëindig het.

*Vrydag se 7de skof is ’n individuele tydtoets oor 25.3 km en word tussen Nuits-Saint-Georges en Gevrey-Chambertin  beslis.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×