FIETSRY  – Die Belgiese wêreldkampioen Remco Evenepoel het die speke laat sing en nog ‘n goeie dag op die Verenige Arabiese Emirate (VAE) fietstoer gehad nadat span Soudal-Quick-Step die 17,3 km tyd-toets gister gewen het in die hawe van Khalifa.

Diè spanpoging het hom ook nou saam met Luke Plapp van die Ineos-Grenadiers gelyk bo-aan die puntetabel geplaas na die einde van Skof 2 uit ’n totaal van 7.

Vandag se 3de bergpas skof is die langste een op die toer en spring weg uit Umbrella Beach in Fujairah en strek oor ’n afstand van 185 km waar die fietsryers op die bergagtige Jebel Jais oor die eindstreep sal jaag.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×