Die Nederlandse fietsryster Mathieu van der Poel het ’n noue ontkoming in die Paris-Roubaix ren gehad nadat hy met ’n waterbottel in die gesig getref is wat deur ’n toeskouer van die kant van die pad na hom gegooi het.
Van der Poel wat al voorheen met aanhangers gebots het is 37km van die eindpunt deur die bottel getref wat amper vol was en het ongeveer 500g geweeg.
Die Union Cyclisate Internationale (UCI) wat fietsry se wêreldbeheerliggam is het sy steun aan die voormalige wêreldkampioen uitgespreek en gesê hul veroordeel hierdiè onaanvaarbare gedrag van die spesifieke toeskouer.
Van der Poel se Alpecin-Deceuninck span het ook in ’n verklaring gesê dat ’n formele klag teen diè oortreder ingedien gaan word.