FIETSRY – Filippo Ganna gaan volgende maand poog om die wêreld-uurrekord wat deur Dan Bigham in Grenchen, Switserland opgestel is te verbeter.
Die 26-jarige Ganna was in 2020 en 2021 die wêreldkampioen in die individuele tydtoets vir die padfietskampioenskap en is ook deel van die Italiaanse span wat die Wêreld-baanfiets kampioenskap gewen en ook ‘n podium plek by die Olimpiese Spele behaal het.
Ganna wat vir die Ineos Grenadiers span jaag sal oorgehaal wees om te sien waartoe sy liggaam in staat gaan wees met die aanslag op die wêreldrekord op 8 Oktober waar Bigham op dieselfde binneshuise baan die houer van die huidige rekord is.