FIETSRY – Die speke vir volgende jaar se 46ste  uitgawe van die Kaapstad fietstoer gaan behoorlik sing waar voornemende deelnemers met die skiereiland se pragtige natuurtonele ook al langs diè roete begroet sal word.

Hierdiè jaarlikse geleentheid word deur die Pedal Power Association sowel as die Rotariër Klub van Claremont moontlik gemaak waar deelnemers oor die 109km-roete deur die suidelike voorstede en al langs die kus van Valsbaai en verby Simonstad gaan trap.

Die halfpadmerk is by die Kaappunt-natuurreservaat waarna die fietsryers net voor die einde die bekende Suikerbossie moet aandurf en dan afdraande deur Kampsbaai en Clifton tot by die eindstreep in Groenpunt.

Die Kaapstad fietstoer sal op 10 Maart 2024 plaasvind.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×