FIETSRY – Brittanje se Olimpiese fietsry-legende Laura Kenny is ook van voorneme om weer die speke te  laat sing in Parys 2024 nadat sy die afgelope 2 jaar skaars op ’n fiets geklim het.

Die 31-jarige Kenny wat in Julie haar 2de seuntjie gehad het se uurglas loop egter nou vinnig leeg aangesien die tyd minder raak om vir die Olimpiese span te kwalifiseer.

Die 5-malige goue medalje wenner wil ook nie hê dat haar seuns moet dink dat sy haar loopbaan moes kortknip as gevolg van hulle nie maar ook deel van diè reis moet wees.

*Laura is getroud met die gewese Britse fietsryer Jason Kenny wat die meeste Olimpiese goue medaljes (7) kon inryg.

 

 

 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×