FIETSRY – Die Britse naelryster Mark Cavendish het die speke laat sing vir ’n rekord 35ste oorwinning in die 5de skof oor 177.4 km van die Tour de France.
Hy het die die stryd na die eindstreep gewen in ’n tyd van 4:08:46. Jasper Philipsen van België was 2de gevolg deur die Noorweër Alexander Kristoff kort op sy hakke.
S.A. se Ryan Gibbons en Louis Meintjies het onderskeidelik in die 20ste en 61ste plek klaargemaak.
*Donderdag se skof oor 163.5 km word tussen Mȃcon en Dijon beslis.