FIETSRY – Die Italianer Stefano Oldani het dit twee oorwinnings in ‘n ry gemaak toe hy die 12de skof van die Giro d’Italia in Genoa gewen het.

Oldani het sy krag getoon toe hy sy landgenoot Lorenzo Rota en die Nederlander Gijs Leemreize oor die laaste 100m van die 204km skof vanaf Parma verras het.

Die nuweling Juan Pedro Lopez klou na 9 dae se kompetisie nog vas aan die pienk trui gevolg deur Richard Carapaz en Joăo Almeida kort op sy hakke in die algehele 3de plek.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×